Meer oor Sorina:

Sy word as een van SA se supercool A-lys sterre beskou... tog dra haar alter ego die kroon as die “kômminste girl oppie teevee”.
Sy sit met ‘n meestersgraad in die regte agter haar naam... tog speel sy haar sepie-rol as ‘n ongeslypte rowwe diamant só oortuigend dat mens soms wonder oor wie sy werklik eintlik is...

Sulke uiterstes is maar net ‘n paar van vele kontrasterende aspekte in hierdie multi-talentvolle kunstenaar se kraal.

Welkom by die alter ego & preutse koekie se tweegeveg:
Dis FLOOZE versus SORINA
ZEFFER versus TREFFER
GLITTER versus SKITTER
WILLER versus STILLER

Haar vorige album HOEZIT MY TJOMMA het goue status bereik en haar welbekende Floozerayna moves is so aansteeklik soos waterpokkies in Witbank. Maar met haar nuwe album “EK WATCH JOU” is die groot vraag egter: WIÉ WATCH DIÉ RONDTE VIR WIÉ...

LEES MEER »

 

Powered by OUTBOXED Mailing Solutions
This mailing system may only be used for the sending of permission based email. If you did not give permission to receive emails from this sender, please
notify us