Hallo julle!

Nou ja, net toe julle gedink het julle gaan nooit weer 'n nuusbrief van my af kry nie……. Hier is dit! Hoe gaan dit? My 2015 was rof, maar lekker. Mag 2016 vir almal 'n geseënde jaar wees. Vir my gaan dit beslis geseënd wees, want hierdie pappa kry uiteindelik 'n prinses. Kyk, die hele familie is opgewonde oor hierdie dogtertjie. Julle het geen idee!!! Iewers in Maart sal sy haar opwagting maak en ek glo en ek vertrou dat alles goed sal afloop……
 
 
 
 
 
Ek beplan ook om ierwers in 2016 my heel eerste 'live dvd' ooit te op te neem. Ekt dit mos nog nooit gedoen nie. Dink dis dalk tyd. Ek sal julle op hoogte sodra ek weet waar en wanneer dit gaan gebeur. Ons beplan iets baie spesiaals met hierdie dvd……

Dan gaan ek ook mos weer met 'n toergroep bietjie Israel toe. Dit sal my 4de besoek wees. En ek sal weer en weer en weer gaan! Ek is mal oor Israel. My hartsland. Daar is nog plek beskikbaar as iemand dalk saam met my wil gaan. Ek belowe jou – dis iets wat mens net eenmaal in 'n leefltyd moet doen. Kom saam!!! Asb!!! Kyk gerus na hierdie link –  http://j.mp/BobbyIsrael  – dalk maak dit jou lus om saam te gaan.

Vir meer info – stuur 'n epos na bev@biblelandtravels.co.za – Bev sal vir jou al die info van die toer kan gee. Dis van 20 tot 30 Junie.
 
 
 
 
 
Wat my shows aanbetref in 2016. Ek het ook besluit om hierdie jaar net 'n beperkte hoeveelheid shows te doen. Ek het verlede jaar te veel shows gedoen en my stem het daaronder gely. As enigeen van julle dalk 'n show wil bespreek vir 2016, wil ek julle maar aanraai om dit so gou moontlik te doen juis omdat ek minder shows gaan doen hierdie jaar. Show navrae kan gestuur word na info@bobbyvanjaarsveld.co.za.
 
 
 
 
 
Vriende, dankie dat jy paar minute afgestaan het om my nuusbrief te lees. Ek waardeer! Mag dit goed gaan en mag 2016 'n jaar wees van liefde! Hoekom? Want op die einde oorwin liefde alles!

Cheers tot 'n volgende keer!
 
 
 

LET WEL: Moet asseblief nie reply op hierdie nuusbrief nie aangesien dit gestuur is deur 'n
geoutomatiseerde nuusbrief sisteem, en niemand dus jou reply sal kan lees nie.

 
 
 

Designed & Powered by OUTBOXED™ Mailing Solutions
This mailing system may only be used for the sending of permission based email.
If you did not give permission to receive emails from this sender, please
notify us